Microsoft word - info - 01ngs inligtingstuk 2013

http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12 1. Boodskap: Noord-Gauteng President
Die Noord-Gauteng Stoei sien met groot verwagting uit na die 2013 stoei-jaar wat weereens baie uitdagings bied. Ons gaan die jaar in met baie meer sekerheid as wat die geval was in die vorige jaar en die beplanning vir die toekoms is duidelik en deeglik gedoen. Ons sal voortbou op die goeie werk wat reeds gedoen is vir die formaat en reëls vir die aanbieding van stoei aan die intree-ouderdomsgroepe ooreenkomstig met die nuwe reëls. Vir inhuise aangeleenthede moet ons afronding doen en ons moet met ander Verenigings saamwerk om landwyd nuwe standaarde te vestig. Deelnemers moet steeds voorbereid wees om veranderinge te ervaar, veral by buite-toernooie en klubs moet verseker dat deelnemers deurlopend ingelig is oor die reëls van toepassing op elke toernooi. Spesifieke inisiatiewe vir die opleiding van Afrigters, ooreenkomstig met die voorgeskrewe Afrigters Opleidingsraamwerk (Coaches Framework), word beplan. Daarmee saam sal opleiding van amptenare oor die algemeen verskerp word as onderbou vir die beginsels van die langtermyn deelnemerstrategie. Dit is belangrik om kennis te neem van die allesomvattende benadering wat nodig is om die strategie te laat slaag en die rol wat elke funksionele groep daartoe bydrae. Die werk van komitees sal baie belangrik wees om hierop te fokus en kursus- en opleidingsmateriaal ooreenkomstig aan te pas. Die verbeterde aanbieding van toernooie is lank reeds 'n prioriteit in NGS en spesifieke stappe sal tydens 2013 geïplementeer word om 'n begin te maak aan die verwagting om die tyd wat mense spandeer by toernooie te verminder en toernooie meer te fokus op die spesifieke behoeftes van elke ouderdomsgroep en kategorie. Seniorstoei-deelname en prestasie het opgeskuif as 'n Strategiese Prioriteite vir 2013. Die beplanning vir die jaar maak reeds voorsienning vir toernooie en toernooi-aanbieding wat spesifiek die behoeftes van die onderskeie ketegorieë vanaf Kadette tot Meesters akkommodeer. Vrydagaand-toernooi sal aangebied word vir hierdie kategoerieë an spesifieke inisiatiewe sal ingebring word om stoei op hierdie vlak uit te bou. Die inisiatief van klubs om Skolestoei binne NGS-gebied te vestig het reeds tydens die vorige jaar groot potensiaal getoon met die suksesvolle aanbieding van die eerste skole-liga met agt deelnemende skole. Noord-Gauteng Stoei steun hierdie inisiatief met entoesiasme en sien met groot verwagting uit na 'n groeiende skole deelname-basis. Saam met al die belangrike inisiatiewe waaraan daar gewerk word, sal die NGS Bestuur ook voortbou op die pad wat ons reeds etlike jare aan werk om administrasie-meganismes te implementeer ten einde 'n effektiewe en deursigtige administrasie-stelsels te verseker. Komitees en bestuurslede het hard gewerk om 'n goeie beplanningsbasis vir 2013 daar te stel. Daar is baie werk voor om die beplanning af te rond en te implementeer. Dit sal gedoen word deur spanwerk tussen komitees en klubs asook ander individue wat hulle hulp aanbied. Verskeie geleenthede is dan ook weer beskikbaar vir mense wat 'n bydrae wil maak om met bestuurslede te skakel en betrokke te raak by reëlings. By voorbaat dank aan alle individue en klubs vir u harde werk en spangees. Baie sterkte aan al die deelnemers vir 2013. Mag u harde werk die verwagte resultaat lewer. http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12
2. Inleiding

Stoei is ‘n sport so oud is soos die mensdom self en funksioneer wêreld wyd deur entosiastiese vrywilligers, wat baie dae en nagte spandeer aan hierdie ongelooflike sport. In Suid-Afrika is die basis van hierdie korps van vrywilligers die ouers en stoeiers wat aan bykans
80 klubs reg oor Suid-Afrika behoort en hul dienste beskikbaar stel. Die tien klubs in die Noord-
Gauteng streek is ge-affilieer by ‘n vereniging bekend as Noord-Gauteng Stoei.

Noord-Gauteng Stoei, saam met 13 ander verenigings, is ge-affilieer by die Suid-Afrikaanse Stoei
Federasie. Die SASF is weer ingelyf by organisasies soos: SASCOC (SA Olimpiese liggaam),
CALA (Afrika liggaam), FILA (Internasionale liggaam).
Stoei bied die geleenthede vir die hele gesin. Seuns en dogters neem deel aan stoei, terwyl die
ouers kan betrokke raak by aspekte soos afrigting, spanbestuur, administrasie en beampte werk.
Bied asb. u dienste by die klub aan in een van die bo-genoemde. Deurlopend opleiding deur die
klub en vereniging word verskaf om u toe te rus vir die werk.
In Noord-Gauteng word stoei beoefen in die volgende ouderdoms groepe:
Bulletjies 4 tot 9-jariges met die fokus op massa-deelname, Jeug - deelname geskied binne ouderdoms- en gewigsafdelings op klub-, provinsiale- en nasionale vlak Kadette-, junior- en senior stoei wat nie net binnelands fokus nie, maar ook die meeste internasionale deelnemers oplewer in Suid-Afrika Meesters (35 jaar en ouer) – Noord-Gauteng spog met 2 wêreld kampioene Die psigiese- en fisiese voordele van stoei is algemeen bekend by Opvoedkundige Sielkundiges, Arbeidsterapeute en Biokinetici. Enkele voordele wat gereeld toegekryf word aan stoeioefeninge: Middellyn-kruising probleme word aangespreek Leer om aggressie te her-kanaliseer na positiewe energie Verlaging in liggaamsmassa by oorgewig kinders En die stoeiers se gunsteling; pragtige, natuurlik ontwikkelde en gespierde liggaam. Neem in ag dat hierdie waardevolle “terapie” verkry word sonder dat dit deur die kind as terapie ervaar word. http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12 3. Noord-Gauteng Uitvoerende Bestuur
Die Uitvoerende Bestuur vir 2013 bestaan uit die volgende persone: Beskermheer
4. Registrasies

4.1. Kostes:
R20 (handig bevestigingsbrief van instansie in) R20 (handig bevestigingsbrief van welsyn, skool of kerk in) 4.2. Prosedures vir registrasies
Alle klubs is self verantwoordelik om hul registrasies te hanteer deur middel van SAMS - http://www.sportadmin.co.za. Klubs kan self besluit of hul ouers en stoeiers die registrasies self kan doen, waarna dit met “workflow” na die klub gaan vir goedkeuring en of ‘n persoon in die klub aan gewys sal word om al die registrasies te doen. Klubs wat nie oor die nodige rekenaar- of internet fasiliteite beskik nie, kan dit in die NGS kantoor kom doen, waar rekenaars beskikbaar gestel kan word. (die proses moet met Laurika uit geklaar word. Bv per afspraak of dat ons ‘n laptop permanent beskikbaar het wat dalk met een van die kabels vas gemaak word sodat hy nie deur buitestaanders weg gedra kan word nie) http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12 Alle registrasie dokumentasie moet deur die klubs bewaar word sodat dit indien nodig te enige tyd aangevra kan word. Met nuwe registrasies moet die volgende dokumentasie in die besit van NGS kantoor wees voordat die registrasie goedgekeur en aan SASF gestuur sal word (per e-pos, faks of hand): Geen vorms sal met her-registasies benodig word nie. Amptenare registrasie word ook op SAMS gedoen. Die enigste vorms wat benodig word is die SA Admin en SA Spanbestuur vorms. Let wel. • Klub moet asb verseker dat alle inligting te alle tye op datum is, bv. Bring veranderinge aan bestuur, persoonlike inligting en skool deurlopend aan. • Stoeiers sal nie aan enige toernooie kan deelneem voordat die registrasie tot op SASF
goed gekeur is nie, begin dus betyds.
• Die foto’s van alle lede moet op die stelsel geplaas word om druk van inweeg en akkreditasie kaarte moontlik te maak.
5. Inskrywingsprosedures vir NG aangeleenthede

Alle inskrywings moet d.m.v. SAMS gedoen word, voor of op die sluitingsdatum van
die betrokke toernooi/kampioenskappe. Neem asseblief kennis van die
sluitingsdatums vir die inskrywings by die Noord-Gauteng Sekretaris soos aangedui
op die kalender. Die dag voor die inskrywingsdatum van die SASF, word gebruik om
die nodige ondersteunings aksies tot die span te koördineer.
Amptenare wat die stoeiers na toernooie vergesel, word ook op SAMS gedoen d.m.v. die Akkreditasie funksie by “Events”. Neem asb kennis daarvan dat daar vir elke sewe stoeiers een beampte gestuur moet word (Leerling beamptes verteenwoordig 3 stoeiers). Elke klub moet ook ‘n Admin beampte stuur vir die eerste 15 stoeiers en nog een indien daar meer as 15 stoeiers deelneem. Die Afrigters-, Beamptes- en Spanbestuurder nominasies vir SA toernooie moet direk na die betrokke komitee gestuur word, waarna verteenwoordigers aan gewys word deur die komitee. Admin beamptes moet reeds voor die her-registrasie op 15 November 2013 hul aansoeke vir datums na SA toernooie deur gee. 5.3. Die inskrywingsgeld vir kampioenskappes en opes in die Vereniging, is as volg: http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12 5.4. As gevolg van die tekort aan amptenare, het Noord-Gauteng Uitvoerende Bestuur besluit om ‘n heffing op alle inskrywings na SA aangeleenthede te hef. Hierdie geld sal aangewend word om amptenare te ondersteun in uitgawes wat aangegaan mag word. 6. Spankeuses
Die Spanbestuurderskomitee, in samewerking met die Afrigterskomitee, sal die volgende beleid
volg vir die kies van spanne:
6.1. Nominasies
• Indien geen proewe of kampioenskap plaasgevind het nie, sal klubs versoek • Die spanbestuurderskomitee in samewerking met die afrigterskomitee kies die span uit die nominasies wat ontvang is. Noord-Gauteng oefensessies en vorige prestasies van stoeiers sal onder andere in ag geneem word. • Die finale span word vir goedkeuring aan die Uitvoerende Bestuur voorgelê 6.2. Proewe / Kampioenskap
• Indien ‘n stoeier nie aan die spesifieke NG Kampioenskappe deelneem nie kan hy nie kwalifiseer vir Noord-Gauteng kleure nie, behalwe as hy/sy ‘n medalje op die betrokke SA Kampioenskappe gewen het. • Waar daar ‘n proewe of kampioenskap plaasgevind het, sal die uitslae ‘n groot rol speel in die samestelling van die span deur die spanbestuurders- en afrigterskomitee. ‘n Stoeier wat beseer of siek is en dus nie aan die proewe / kampioenskap kon deelneem nie, kan wel in ag geneem word vir die span, indien hy / sy Inskryf vir die proewe / kampioenskap (Daar moet aangedui word dat die stoeier nie gaan deelneem aan die proewe nie.) ‘n Mediese sertifikaat moet voor of op die dag van die inweeg ingehandig word deur die betrokke klub. In uitsonderlike gevalle mag stoeiers wat weens ander redes nie aan die proewe / kampioenskap kon deelneem nie, en nie teenwoordig was tydens inweeg nie, ook oorweeg word. Die Uitvoerende bestuur sal die volgende in ag neem om in die span opgeneem te word, hy/sy behoort: Ingeskryf (en dus genomineer) is vir die proewe / kampioenskap Skriftelike bewyse saam met die inskrywing ingedien word waarom die stoeier nie kan deelneem nie en teenwoordig kan wees met die inweeg nie. http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12 Na afloop van die kampioenskappe, voor die finaliseering van die span, kan ‘n klub stoeiers wat voldoen aan 6.2.2 en 6.2.3 nomineer in alternatiewe gewigte vir die saamstel van die span. Sulke verskuiwings sal oorweeg word vir die samestelling van die span op grond van die totale span se potensiaal om te presteer tot voordeel van NGS. Vir spankeuse sal die bywoning van die vereniging se oefensessies en vorige prestasies in ag geneem word. • Die finale span word voorgelê vir goedkeuring deur die Uitvoerende Bestuur 6.3. Noord-Vaal Liga
Die Noord-Vaal liga is nou uitgebrei om te groei na ‘n landswye liga en goedkeuring is verleen dat verenigings kan weg beweeg van die normale rooi en blou stoeipakke om ‘n span identiteit te kan bou. Die Toernooi word beslis tussen stoeiers vanaf 12 jaar tot 20 jaar (kan verander agv LTPD) in die Presidente gewigte. Elke span skryf een stoeier per gewig in wat dan in span verband deelneem teen elke ander span. Om die Noord-Vaal liga weer te wen is een van Noord-Gauteng Stoei se prioriteite vir 2013. Stoeiers se vertoning sal tydens die voorafgaande Noord-Gauteng en SA kampioenskappe be-oordeel word, met voorkeur aan president deelname, om die sterkste moontlike span aan te wys.
7. Spanbestuurders

Spanbestuurders word versoek om kennis te neem van die graderings van Spanbestuurders na ’n hoër vlak: 7.1. Alle Spanbestuurders moet 'n teoretiese eksamen slaag om opgegradeer te word.
7.2.
Sodra 'n spanbestuurder die provinsiale “Vlak 2” gradering verwerf het, kan hy/sy
deur die Vereniging aangewys word om by die S.A. Kampioenskappe en proewe op te tree. 7.3. Om by die S.A. aangeleenthede op te tree, verstrek die Spanbestuurderskomitee die
name van spanbestuurders wat geskik is, aan die Uitvoerende Bestuur wie die Spanbestuurders sal aanwys. 7.4. Om oorweeg te word vir gradering of om by S.A. aangeleenthede op te tree moet 'n
Spanbestuurder ten minste 50% van die Provinsie se aangeleenthede aktief bywoon. Skriftelike vertoë kan in uitsonderlike gevalle oorweeg word. Erkenning word verleen aan Nasionale Kursusse. 8. Beamptes
Met die toename in stoeier getalle in NGS is dit dringend noodsaaklik om die aantal en gehalte van beamptes te verbeter. Elke klub moet ‘n Beampte verteenwoordiger aanstel wat Beamptes bestuur vir toernooie en die klubs moet by elke Algemene http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12 Bestuursvergadering verslag doen oor vordering met hul beampte werwing en opleiding. Dit is en bly die verantwoordelikheid van Klubs om hul Beampte getalle reg te bestuur wat op toernooie optree. Klubs moet met enige tekorte, Beamptes Leen, Huur of Betaal vanaf ander Klubs of Provinsies en die name so aandui op die inskrywings op SAMS. Die Getal Beamptes wat Klubs vir Toernooie deurstuur, moet gesamentlik met hul Stoeier registrasies op SAMS gebeur en daar moet seker gemaak word dat die Beampte getalle genoeg is vir die hoeveelheid Stoeiers om Boetes te vermy. Daar moet vir elke 7 Stoeiers een(1) Geregistreerde Beampte ingeskryf word op toernooie. NB. Provinsiaal C Beampte tel net vir 3 Stoeiers. Boetes sal gehef word vir stoeiers wat sonder Beamptes ingeskryf word. NGS lei ook “KLUB BEAMPTES” op, vanaf ouderdom 13Jr, om op NGS Toernooie en sekere Opes op te tree. Dit is dan ook die verantwoordelikheid van Klubs om ‘n lys van “KLUB BEAMPTES” saam te stel sodat hul nodige opleiding kan kry asook hul registreer op SAMS. Een(1) “Klub Beampte” ingeskrywing vir elke 10 Stoeiers. Beampte Graderings vir 2013: Eerste Registrasie Provinsiaal C. Daarna na elke
Kursus, Eksamen en Prakties wat geslaag word, word die Beampte opgradeer na
Prov.B, Prov.A, SA2, SA1, Kat.2, Kat.1, Exeptioneel en Honeurs.
Eerste registrasie in SA kan plaasvind in die jaar waarin die persoon 15 jaar word en kan aanhou registreer mits die NGBR steeds van mening is dat hy fisies en psigies kwalifiseer om op te tree met verantwoordelikhede van sy huidige vlak. 8.8. Provinsies wat SA byeenkomste aanbied, moet ook die videokameras en monitors vir
die matte voorsien en persone wat dit kan bedryf. 8.9. Die gradering van ‘n Provinsiale beampte kan in verdienstelike gevalle aangepas
word. Daar moet egter ‘n brief vanaf die klub, deur die vereniging na die SASF BR gestuur word met voldoende bewyse (afskrif van eksamen vraestel). Die SASF BR sal die saak bespreek en indien aanvaar word, sal die SASF BR die betrokke beampte tydens ‘n Ope Kampioenskap prakties evalueer. 8.10. Opgradering: Vir ‘n beampte om sy/haar huidige gradering te verbeter moet
hy/sy deelneem aan minstens een Teoretiese eksamen en een praktiese kontrole aangeleentheid, asook voldoen aan die getal optredes ( 2 x Opes en 5 x Provinsiale /Klub byeenkomste) vir die betrokke jaar. Sy/haar gemiddelde punt moet voldoen aan die vereistes van die volgende hoër kategorie. 8.11. Stagnering: Vir ‘n beampte om sy/haar huidige gradering te behou moet hy/sy
deelneem aan minstens een kursus en een kontrole aangeleentheid vir die betrokke jaar. 8.12. Afgradering: Enige beampte wat nie ‘n kursus bywoon nie sal afgegradeer word. ‘n
Beampte wat vir twee jaar na mekaar nie die minimum punt behaal van sy huidige gradering nie, sal afgegradeer word. ‘n Beampte wat vir twee jaar na mekaar geen eksamen (skriftelik en prakties) aflê nie sal afgradeer word. Enige beampte wat skuldig bevind word tydens ‘n tug verhoor kan afgegradeer word, afhangende van die oortreding. 8.13. Die stoei reëlboek is beskikbaar op die web blad van die internasionale stoeiliggaam,
FILA se web blad http://www.fila-wrestling.com, vanaf die OFFICIAL venster, dan REGULATIONS, onder OLYMPIC WRESTLING kan Wrestling Rules afgelaai word. 9. Medies
Alle klubs moet ‘n persoon beskikbaar stel/nomineer om te dien op die vereniging se mediese komitee (‘n mediese kwalifikasie is nie ‘n vereiste nie, maar ‘n sterk aanbeveling). Indien die klub nie ‘n persoon beskikbaar stel nie, sal die Voorsitter van die klub outomaties die verantwoordelikhede aanvaar en op die mediese kommitee dien.Die Klubs moet ten alle tye http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12 ‘n volledige toegeruste noodhulptas, tydens oefeninge beskikbaar hê. Noodnommers moet op sigbare, prominente plek in die oefensaal opgesit wees.Die mediese beampte moet leiding neem, ingeval van ‘n besering.Indien hy/sy nie teenwoordig is nie,moet een spesifieke persoon(deur die mediese beampte aangewys) in sy/haar plek waarneem. 8.1 Doping/verbodemiddels
Alle klubs en mediese beamptes moet deeglik bewus wees van die lys van verbodemiddels.Stoeiers en ouers moet ook kennis dra,dat sekere energiemiddels, asook sekere oor- die- toonbank medikasie, verbodemiddels mag bevat. Die onus berus by die stoeiers self, om seker te maak dat hy nie wetend/onwetend verbodemiddels gebruik nie.Die verbodemiddels kan voorskrif en nie-voorskrif medisyne insluit bv. Insulien en baie van die verkoue preperate. Stoeiers kan enige tyd,maar veral tydens kampioenskappe getoets word. Indien ‘n stoeier wel positief toets, mag hy/sy die gevaar loop, om vir ‘n bepaalde tydperk geskors te word. Vir meer inligting rakende verbode/spesifieke middels kan die volgende webtuistes besoek word: http://www.drugfreesport.org.za ,klik op die “drug search” link. http://www.wada-ama.org South African Institute for Drug-Free Sport Tel (+27) 12 841 2682 / 93 Fax (+27) 12 841 2701 Die klub se mediese beampte moet in besit wees/toegang hê van die nuutste lys van verbodemiddels en moet op aanvraag die nodige inligting kan verskaf.Neem kennis dat die lys van tyd tot tyd kan verander. 8.2 Terapeutiese gebruik van verbodemiddels
In sekere siektetoestande word die medikasie wat vir die behandeling van die spesifieke siektetoestand,as bloeddrukmiddels,ens. Omdat die gebruik van hierdie middels noodsaaklik is vir die gesondheid van die indivudi, moet daar so gou as moontlik, verkieslik in die begin van die jaar,op die korrekte aansoekvorm aansoek gedoen word.Hierdie vorm moet deur die behandelende geneesheer ingevul word. Hierdie aansoekvorm moet na die voorsitter van die mediese komitee gestuur word,wat op sy/haar beurt dit na Drugfree-sport sal stuur om aansoek te doen vir die vrystelling sertifikaat(TUE sertifikaat).‘n Aansoek kan tot ongeveer ‘n maand neem om afgehandel te word. Hierdie sertifikaat is gewoonlik geldig vir 2 jaar. Tydens inweeg medies moet ‘n afskrif van die sertifikaat by elke toernooi ingehandig word,asook op die korrekte lys deur die mediese beampte opgeskryf word. Sekere voedselaanvullers en enegiedrankies(supplements) kan ook verbode middels bevat,wat tot skorsing kan lei. Hierdie aansoekvorm, volledig ingevul deur die behandelende geneesheer, moet vergesel word van ‘n voorskrif, sowel as alle toepaslike mediese verslae. Stoeiers moet kennis dra van die vervaldatum van die sertifikaat en betyds heraansoek doen , tesame met al die nodige dokumentasie. Neem kennis dat hierdie ‘n tydsame proses is en nie uitgestel moet word nie. 8.3 Asma Pompies
Die gebruik van sekere asma pompies,soos Seretide,Ventolin,Foxair ens.in die gewone terapeutiese doserings,word nie meer as verbodemiddels beskou nie.Ander asma pompies soos Berotec,Duovent in nog op die lys van verbode middels. http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12 Vir makliker kontrole,indien die stoeier wel sy/haar pompie op die mat wil gebruik,of tot sy beskikking wil hê, indien benodig,moet die pompies, tydens inweeg medies op die TUE lys opgeskryf word.Die pompies kan dan deur die afrigter op die tafel by die matvoorsitter geplaas word, voordat die wedstryd in aanvang neem. Dit kan daar gelaat word vir die duur van die wedstryd. Indien dit benodig word, moet die afrigter die pompie by die tafel gaan haal, vir die stoeier bring om te gebruik, waarna hy dit weer terug plaas op die tafel. 8.4 Velletsels
Vir enige verdagte velletsel, wat as aansteeklik of ‘n omloop beskou mag word, moet die
stoeier ‘n brief (nie ouer as sewe dae) van ‘n dokter toon, om te bevestig dat dit nie
aansteeklik/omloop is nie.Anders mag daar geweier word dat die stoeier in die betrokke
kompetisie mag deelneem. Stoeiers met erge koorsblare ,veral as die letsels nog vogtig
is, mag nie stoei nie,agv die aansteeklikheid daarvan.
8.5 Inweeg medies

‘n Stoeier mag nie met enige pleister,verbande of strapping inweeg, of op die mat
verskyn vir sy eerste wedstryd nie. Indien daar ‘n gevaar vir bloeding is,moet die besering
tydens inweeg medies op die amptelike vorm aangeteken word. Slegs dan, mag die
stoeier reeds vir sy eerste wedstryd met die pleister/verband op die mat verskyn.Hierdie
verband /pleister moet dan na die inweeg proses aangebring word. Indien die stoeier in
sy eerste wedstyd of enige tyd daarna, beseer word, mag daar wel ‘n pleister of verband
aanbring word.Indien die stoeier verkies/of aanbeveel deur ‘n professionele persoon bv.
Fisioterapeut, met strapping wil stoei,moet hy ‘n motiveringsbrief van hierdie persoon ,
tydens inweeg medies inhandig.Dit sal dan ook op die korrekte vorm aangeteken
word.Die stoeiers wat voor die aanvang van die toernooi, wil toeplak of strap moet sy eie
verbande/stapping saambring/voorsien vir die doel.
Geen stoeier sal toegelaat word om in te weeg of te stoei met enige juwele soos
oorbelle,tongringe ,trouringe,bandjies,horlosies, ens nie.Geen tydelike tattoos is
toelaatbaar nie en sal verwyder moet word.
Stoeiers weeg in met kort naels in net ‘n stoeipak.


Let Wel: Enige briewe ter stawing van siekte, velletsels en TUE sertifikate moet tydens die inweeg mediese proses, ingehandig word. Neem kennis dat die inweeg mediese daar is om alle stoeiers te beskerm. 8.6 Pligte van die mediese beampte
Die mediese beampte is verantwoordelik vir die gewigkontrole van alle stoeiers in die
klub en is dit haar/sy verantwoordelik om die korrekte gewigte op SAMS aan te bring. Dit
is veral belangrik voor toernooie.’n Gesonde gewigspeling is 5%van die liggaamsmassa
met ‘n maksimum van 3kg,’n groter gewigsverlies as 5% kan die stoeier se gesondheid
nadelig beinvloed.
Die beheer,verkryging en instandhouding van die noodhulptas.
Beheer /kontrole van ontsmetting en hygiene van die matte.
TUE aansoeke van die klublede.
Optree tydens inweeg medies by toernooie.

Die mediese beampte moet tydens ‘n sekere aantal inweeg mediese aangeleenthede
tydens toernooie optree, asook ’n kursus bywoon, om in aanmerking te kom om op te
gradeer, asook vir die verwerwing van kleure ,soos gestipuleer in die regliment.
http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12

10. Bemarking

10.1. Prestasie-inligting na skole
Noord-Gauteng se web blad word gebruik as ‘n administratiewe blad om die verspreiding van inligting te vergemaklik. Hou gerus http://www.gnwrestling.co.za dop. Die Facebook adres is: http://www.facebook.com/pages/Noord-Gauteng-Stoei-Gauteng-North-Wrestling/253222038041326?. Die klubs word versoek om deur die jaar kennisgewings aan die skole te stuur. (‘n voorgestelde format is beskikbaar)
‘n Volledige lys van prestasies sal na afloop van die stoeiseisoen deur NGS aan die
onderskeie skole gestuur word. Hierdie prestasies sluit in deelnames en medaljes verower
tydens nasionale- en internasionale toernooie, asook kleure verwerf.

11. Noord-Gauteng Prysuitdeling

11.1. Stoeier toekennings
Erkenning word ook verleen aan stoeiers wat Noord-Gauteng- en SA kleure ontvang het gedurende die jaar, asook aan stoeiers wat deel geneem het aan internasionale stoei aangeleenthede.Hierdie stoeiers se kostes word gedra vir die NGS prysuitdeling funksie. Stoeiers in die 6 tot 8 jaar groep, wat aan SA Streek deel geneem het, sal deelnemer sertifikate ontvang. Hierdie stoeiers woon die die prysuitdeling op eie koste by. Daar word van al hierdie stoeiers verwag om die funksie by te woon. Bevestig asb. bywoning en getalle voor of op die datum soos op die kennisgewing bepaal by die NGS kantoor. Die gelde wat aan die SA medalje wenners uitbetaal word, sal slegs gegee word aan stoeiers wat die prysuitdelingsfunksie bywoon. 11.2. Ampsdraer toekennings
Erkenning word ook verleen aan ampsdraers (beamptes, admin beamptes, spanbestuurders, afrigters en medies) wat Noord-Gauteng- en SA kleure ontvang het gedurende die jaar asook persone wat deel geneem het aan internasionale stoei aangeleenthede 11.3. Klub trofeë
Toekennings word gemaak aan klubs vir die prestasie tydens Noord-Gauteng kampioenskappe (goud = 5 punte, silwer = 3 punte en brons = 1 punt, enkel massas = 2 punte): Noord-Gauteng Vrystyl Presidente kampioenskappe Noord-Gauteng Grieks-Romeinse kampioenskappe http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12 ‘n Toekenning word gemaak aan die A-, B-, en C-liga wenners tydens die Noord-Gauteng Liga ‘n Uitvoerende Bestuur toekenning aan die klub wat deur die jaar die beste voorkoms gehad het. 11.4. Individuele trofeë
Toegekenings deur die Uitvoerende Bestuur. Klubs nomineer en die uitvoerende bestuur wys die wenners aan (die uitvoerende bestuur kan name byvoeg). Kriteria wat in ag geneem kan word tydens die beoordeling van hierdie stoeiers sluit in prestasie op nasionale en internasionale vlak sowel as deelname aan Noord-Gauteng toernooie en die standaard van stoei wat in die betrokke stoeier se kompetisieveld ter sprake is (aantal en standaard van opponente). Dames trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n dames stoeier wat uitsonderlike
prestasie gelewer het. (Alle ouderdomme)
Grieks-Romeinse o/15 jaar trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Grieks-
Romeinse stoeier wat uitsondelike prestasie gelewer het tot en met die o/15 jaar
kategorie.
Grieks-Romeinse o/17 jaar trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Grieks-
Romeinse stoeier wat uitsondelike prestasie gelewer het tot en met die o/17 jaar
kategorie
Grieks-Romeinse Junior trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Grieks-
Romeinse stoeier wat uitsondelike prestasie gelewer het.
Grieks-Romeinse Senior trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Grieks-
Romeinse stoeier wat uitsondelike prestasie gelewer het.
Vrystyl o/15 jaar trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Vrystyl stoeier wat
uitsondelike prestasie gelewer het tot en met die o/15 jaar kategorie.
Vrystyl o/17 jaar trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Vrystyl stoeier wat
uitsondelike prestasie gelewer het tot en met die o/17 jaar kategorie.
Vrystyl o/20 jaar trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Vrystyl stoeier wat
uitsondelike prestasie gelewer het tot en met die o/20 jaar kategorie.
Vrystyl senior trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Vrystyl stoeier wat
uitsondelike prestasie gelewer het tot en met die senior kategorie.
http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12 Sportmangees trofee - ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n deelnemer wat uitstaan
in meer as net stoeiprestasie. Algemene gesindheid, toewyding en betrokkenheid by
die vereniging se aktiwiteite word ook in ag geneem
11.5. Toekenningskriteria
‘n Stoeier, wat sonder geldige verskoning, nie Noord-Gauteng aangeleenthede ondesteun nie, mag deur Noord-Gauteng bestuur gediskwalifiseer word vir enige toekennings, bv wanneer ‘n stoeier gekies word in ‘n NGS span en nie opdaag vir die geleentheid nie. Die aansporings bonus wat aan stoeiers toegeken word weens die feit dat hulle SA medaljes verower het, sal slegs aan stoeiers oorhandig word wat die prysuitdeling bywoon. 12. Algemeen
12.1. Algemene Bestuursvergaderings
Noord-Gauteng Algemene Bestuursvergaderings sal elke tweede maand om 20:00 in die konferensiesaal plaasvind. Klub voorsitters word versoek om, so ver moontlik, hierdie vergaderings by te woon sodat daar kontinuteit kan wees (sien kalender vir datums). 12.2. Hantering van Kombuise
Tydens alle provinsiale- en nasionale toernooie in Noord-Gauteng sal die verkope van alle koeldranke, sappe, water, chips en lekkers gebruik word om fondse vir die vereniging te genereer. Klubs word die geleentheid gebied om die kos-kombuis te hanteer om fondse vir die klub te genereer. Geen heffing sal van die klub verwag word nie. ‘n Kennisgewing is reeds na die klubs gestuur om te vra om aansoek te doen vir die onderstaande geleenthede.
Toernooi

12.3. Kommunikasie in Noord-Gauteng
Neem asb kennis en lig ook die lede en ouers van die klubs in tov die van kommunikasie prosedure in Noord-Gauteng en die Suid-Afrikaanse Stoei Federasie ter wille van goeie orde. Stoeiers en ouers kommunikeer met die bestuur van die klub, die bestuur van die klub http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12 kommunikeer met die komitees en uitvoerende bestuur van Noord-Gauteng. Kommunikasie na die SA komitees en -rade word gedoen deur die NGS komitee Voorsitter / sekretaris of NGS President / Sekretaris, met afskrifte van die kommunikasie na mekaar. Slegs die NGS President of Sekretaris kommunikeer met die SASF bestuur. Hierdie kanale word ook gevolg vanaf SASF terug na die stoeiers en ouers. Indien enige persoon of instansie bewys kan lewer dat alle pogings tot kommunikasie na die betrokke instansie onsuksesvol was, kan met een vlak hoër of laer geskakel word om dispute te besleg. ‘n Voorstelle kassie sal aangebring word in die portaal voor die NGS kantoor. Neem asb. die vrymoedigheid om voorstelle hier in te gooi. Klagtes moet asb. vergesel wees van ‘n voorstel om die probleem aan te spreek. http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12 12.4. Adreslyste
NGS ’13-02 – NGS Uitvoerende bestuur Sien Bylae tot die inligtingstuk en http://www.gnwrestling.co.za 12.5. Kalender
NGS ’13-05 – Kalender Sien Bylae tot die inligtingstuk en http://www.gnwrestling.co.za 12.6. Registrasievorms
Sien Bylae tot die inligtingstuk en http://www.gnwrestling.co.za 12.6.1. Amptenare
Alle registrasie op SAMS, behalwe Spanbestuurders en Admin beamptes ook 12.6.2. Stoeiers
• Alle registrasie op SAMS • Met eerste registrasie sal die registrasie slegs deur die Noord-Gauteng kantoor goed gekeur word indien die volgende in gehandig is: • Afskrif van geboorte sertifikaat • FILA Mediese vorm • SASF “Indemnity” vorm • SASF Gender Determination – Eenmalig vir Dogters op internasionale Sien Bylae tot die inligtingstuk en http://www.gnwrestling.co.za 12.7. Voorgestelde formaat - Prestasie brief na skole
12.8. Klub Affiliasie
12.9. Nominasie vorm
http://www.gnwrestling.co.za Rev 3-Des-12

Source: http://ngstoei.co.za/wp/wp-content/uploads/2013/05/Info-01NGS-Inligtingstuk-2013-FINAAL.pdf

Effects of the antibiotic ciprofloxacin on stream microbial communities and detritivorous macroinvertebrates

Environmental Toxicology and Chemistry, Vol. 25, No. 6, pp. 1598–1606, 2006EFFECTS OF THE ANTIBIOTIC CIPROFLOXACIN ON STREAM MICROBIALCOMMUNITIES AND DETRITIVOROUS MACROINVERTEBRATESJONATHAN D. MAUL,† LANCE J. SCHULER,† JASON B. BELDEN,† MATT R. WHILES,‡ and MICHAEL J. LYDY*††Fisheries and Illinois Aquaculture Center and Department of Zoology, ‡Department of Zoology,Southern

Library_2003.pdf

FLOWERDALE ESTATE ALPACAS Health & Husbandry Herd Health & Management The nature of a llama/alpaca herd health program has been markedly influenced by variables including owner’s background, numbers of animals, purpose of animals, geographical location, economics and, quite understandably, the background and species orientation of the veterinarian involved. In the following

Copyright © 2014 Medical Pdf Articles